ONS STEL BEKEND
'N FINANSIËLE MODEL WAT SIN MAAK OP SOVEEL MANIERE...
Klik gerus op die video hieronder en Alfred Rider van ASSET FINANCE SOLUTIONS vertel jou meer.
Suid-Afrikaners....
BEURTKRAG IS HIER OM TE BLY!
NET SOOS DIE SON.
Die Politici sal jou vertel dat die einde van beurtkrag naby is. Maar ons weet nou al hoe betroubaar hul woord is.
Trouens, die enigste werklike ding waarop ons kan staatmaak, is beurtkrag.


GEAFFEKTEER DEUR BEURTKRAG?
ASSET FINANCE SOLUTIONS KOM TOT JOU REDDING
Met ons finansiële oplossing,
is jy die eienaar van jou
stelsel vanaf dag 1.
Jy baat onmiddelik.
Jy neem die beheer terug.
BY ONS is jy uitgesorteer.
Sê hallo vir ASSET FINANCE SOLUTIONS en totsiens aan beurtkrag!

“Ons het al baie gesinne regoor Suid Afrika gehelp om hul lewenskwaliteit te verbeter deur ons fasiliteite te gebruik.” - Alfred Rider (CEO Asset Finance Solutions)
ONS IS ALMAL SO "GATV💡L" VIR DIE VERSKONINGS VIR BEURTKRAG.
- ONTWRIGTING van daaglikse roetines
- EKONOMIESE IMPAK en finansiële verliese
- GESONDHEID EN VEILIGHEID van jou gesin en geliefdes
- KOMMUNIKASIE-UITDAGINGS vir families, vriende en besighede
- PRODUKTIWITEIT verlaging
- OPONTHOUDE VIR INVOERE by hawens
- ONNODIGE UITGAWES soos brandstof vir kragopwekkers, hoër versekeringspremies, bederfde voedsel, elektroniese toerusting wat breek…
- ONSEKERHEID VAN SKEDULES versoorsaak frustrasie, verkeersknope en woede
Die lys is nimmereindigend. Wat selfs erger is, is dat ons dit al as die norm begin aanvaar het. JY HOEF DIT NIE TE AANVAAR NIE.
Neem beheer en moenie langer van die nasionale netwerk afhanklik wees nie.
VERBEEL JOU SO 'N BIETJIE...



RESENSIES



ONS STEL BEKEND
'N FINANSIËLE MODEL WAT SIN MAAK OP SOVEEL MANIERE...
Klik gerus op die video hieronder en Alfred Rider van ASSET FINANCE SOLUTIONS vertel jou meer.
ASSET FINANCE SOLUTIONS
WAT IS IN DIT VIR MY? WAAROM BEHOORT EK NOU BEHEER TE NEEM OOR MY ELEKTRISITEITSVOORSIENING?
Om NIE meer van die Nasionale Netwerk afhanklik te wees nie…
Sodra die stelsel geïnstalleer is, het jy die hef in die hand...
‘n Klein prys om te betaal vir gerief…
Dubbel en dwars
4 DINGE WAT ONS VIR SEKER WEET
- Ons het ELEKTRISITEIT nodig
- Elektrisiteit word al hoe DUURDER
- Daar is NOU ‘n alternatiewe oplossing beskikbaar
- BEURTKRAG is hier om te bly

MET WIE KAN EK GESELS OM MY TE HELP OM BEHEER TE NEEM?
ALFRED RIDER – BLY TE KENNE
Wat pynig Alfred?
- Swak dienslewering
- Onbevoegdheid
- Uitbuiting
- Oneerlikheid
- Vermorsing van hulpbronne
- BEURTKRAG
Waaroor is Alfred passievol?
- Vinnige, eerlike, betroubare en effektiewe diens (In Suid Afrika is dit die uitsondering op die reël, by ASSET FINANCE SOLUTIONS IŚ dit die reël.)
- Om alternatiewe opsies aan ons mense te kan bied
- Duidelike en gereelde kommunikasie met sy kliënte
- Volhoubare, bekostigbare oplossings
- Al die positiewe resensies op die Asset Finance Solutions Facebookblad
RESENSIES VAN NOG 'N PAAR KLIëNTE

Dankie Alfred en span vir die bystand om my sonkragstelsel te help finansier. Julle diens was uitstekend en baie professioneel. Geen beurtkrag meer vir my nie.
Hendrik Prinsloo
Postmasburg NC

I don’t think people actually understand how much insight Alfred and his team have. Major banks are losing customers, and we all know why. AFS helped us as a company twice now and I will give them an 11 out of 10. Its not often you get service like this in South Africa.
Bernard En Christell Kaiser
George WC

Asset Finance Solutions is awesome! Jul kan enige tyd Calvin, Alfred en Basil kontak. Ek raai hul 1000% aan! Ek het bitter lanklaas sulke goeie en behulpsame diens enige plek gekry. Hul is behulpsaam en geduldig en gaan werklik uit hul pad om behulpsaam te wees! Hulle diens aan hul kliente is werklik hul passie!! Ek is baie dankbaar hul het op my pad gekom.
Juan Beukes Fouriesburg
IS DIT REG VIR MY? KWALIFISEER EK VIR HIERDIE FINANSIERINGSOPSIE VIR SONKRAG?
DIT IS VIR JOU AS...
- Jy besluit het dat jy ‘n sonkragstelsel benodig
- Jy voordeel wil trek uit die finansieringsaanbod
- Jy gereed is om die bal aan die rol te kry, of jy alreeds ‘n kwotasie gereed het of nie
- Jy kredietwaardig is
- Jy binne die grense van Suid Afrika woon
DIT IS ONGELUKKIG NIE VIR JOU AS…
- Jy tans onder “Debt Review” is nie, aangesien dit onwettig is om dan aansoek te doen vir finansiering
- Agterstallige paaiemente op rekeninge het
- Werkloos is of nie tans ‘n salaris verdien nie
Wanneer ons regering uitlatings soos hierdie op nasionale televisie maak, dan WEET ons dit is tyd om alternatiewe te ondersoek en aksie te neem om self resultate te verkry. Kyk gerus na die insetsel gedateer, 15 September 2015, hieronder:
ALGEMENE VRAE
Ons maak nie net van een bank op ‘n slag gebruik nie. Ons is by 6 banke geaffilieer en met ons metode stuur ons jou aansoek terselfdertyd aan al die banke om ‘n vinniger omkeertyd en maksimum blootstelling te verseker om die beste moontlike rentekoers vir ons kliënte te verseker. Ons vra egter ons kliënte om ons 3 werksdae te gee om seker te maak ons is tevrede met die aanbod voordat ons dit aan u aanbied.
A: Sedert Januarie 2021. Ons voetspoor lê regoor Suid Afrika
A: Ongelukkig nie. Wetgewing weerhou ons daarvan.
A: Uitbetaling geskied direk aan jou, ons kliënt. Jy bly te alle tye in beheer van jou fondse en dit is dus ook jou verantwoordelikheid om die verskaffer se rekening te vereffen.
A: Glad nie. Ons verkies eintlik dat jy gebruik maak van ‘n verskaffer van jou keuse, wat in jou area geleë is. Asset Finance Solutions het wel kontrakteurs en verskaffers wat ons kan aanbeveel indien jy nie reeds jou eie het nie.

By ASSET FINANCE SOLUTIONS maak ons slegs gebruik van Suid Afrikaanse banke wat by ons geaffilieer is. Ons affilieer nie met buitelandse beleggers of ander finansiële diensverskaffers nie.
Ons is TROTS SUID AFRIKAANS.

GEMOEDSRUS VAN BEGIN TOT EINDE, EN DAARNA…
By Asset Finance Solutions is ons trots daarop om aan jou korrekte, betroubare advies te verskaf. Ons smeer jou nie heuning om die mond nie – as ons na ons evaluasie besef dat ons jou ongelukkig nie sal kan help nie, sal ons jou dadelik in kennis stel en voorstel wat jou volgende stap behoort te wees. Wanneer ons jou wel kan bystaan, word jy ‘n gewaardeerde kliënt en vriend waarmee ons ‘n lang pad stap. Baie van ons kliënte het al meer as eenmaal van ons dienste gebruik gemaak.